Warm op met Woema se woordsoek in die maand van liefde…

Vra jou leerders om die dertien woorde hieronder in die woordsoekoefening te soek.

Elke woord kan met die liefde óf Valentynsdag geassosieer word. Omkring of trek ‘n streep deur die antwoorde.

liefde

lekker

blomme

pyltjie

rooi

roos

valentyn

hart

strik

soen

omgee

vriend

kaartjie

Neem nou aan ‘n klasbespreking deel. Jy kan ook die onderwerpe hieronder vir onvoorbereide mondeling gebruik:

  • Wat beteken die idioom ‘Die liefde is blind?’ Dink jy dit is waar?
  • Noem drie maniere hoe jy vir ‘n vriend/vriendin kan wys jy gee om vir hulle.
  • Moet Valentynsdag ‘n vakansiedag wees?

Het jy die oefening geniet?

Jou leerders sal dalk hierdie gratis begripstoets ook geniet: Wie nie waag nie . . .

Of probeer gerus hierdie woordspeletjie om jou leerders se woordeskat te verbeter: ‘n Gratis woordeskatspeletjie vir jou klas!