Bring kleur, energie en WOEMA na jou klaskamer met Woemaboeke se Afrikaans-plakkate! Hierdie volkleur A3-plakkate (297 x 420 mm), gedruk op sterk, duursame papier, word in praktiese bondels van vyf verkoop. Afrikaans is ’n kleurvolle taal, en hierdie plakkate help om daardie kleur en kreatiwiteit in die klaskamer uit te leef. Hulle versier nie net jou mure nie, maar dien ook as waardevolle leerhulpmiddels wat taalreëls opsom, belangrike feite uitlig en leerders se aandag vasvang. Deur visuele leer te ondersteun, help die plakkate leerders om makliker op konsepte soos die STOMPI-reël, voegwoorde en ander taalvaardighede te fokus. Skep ’n vrolike, inspirerende leeromgewing waar Afrikaans Eerste Addisionele Taal-leerders met selfvertroue en ’n positiewe houding kan leer.
Motiveer jou klas met vrolike plakkate wat Afrikaans EAT nie net interessant sal maak nie, maar ook jou leerders se aandag sal vasvang.
Met helder woorde en prente op die muur, sal Afrikaans Eerste Addisionele Taal leerders gemotiveerd wees om Afrikaans met ‘n positiewe houding te leer.
Sukkel jou klas om die STOMPI-reël onder die knie te kry? Is die reëls van voegwoorde moeilik om te onthou? Dit is al bewys dat 65% van mense wêreldwyd makliker leer as inligting op ‘n visuele manier manier oorgedra word.
Plakkate sal jou leerders help om op een idee, feit of proses op ‘n keer te fokus.
As jy ‘n onderwyser is wat van Woema in die Afrikaans Eerste Addisionele Taal klas hou, lees gerus: