Plakkate
Afrikaans is ‘n kleurvolle taal!
Woemaboeke se kreatiewe inhoud is deel van Woema Werkboeke se geheim om Eerste Addisionele Taal sprekers se passie vir Afrikaans wakker te maak.
Wat is nou lekkerder as ‘n vrolike klaskamer?
Julle het gevra, en hier is dit!
Helder jou klas op met plakkate wat nie net jou klas lewendig sal maak nie, maar ook taalreëls sal opsom, feite sal oordra en ‘n glimlag op gesigte sit.
Hoekom plakkate in jou klas gebruik?
- Motiveer jou klas met vrolike plakkate wat Afrikaans EAT nie net interessant sal maak nie, maar ook jou leerders se aandag sal vasvang.
- Met helder woorde en prente op die muur, sal Afrikaans Eerste Addisionele Taal leerders gemotiveerd wees om Afrikaans met ‘n positiewe houding te leer.
- Sukkel jou klas om die STOMPI-reël onder die knie te kry? Is die reëls van voegwoorde moeilik om te onthou? Dit is al bewys dat 65% van mense wêreldwyd makliker leer as inligting op ‘n visuele manier manier oorgedra word.
- Plakkate sal jou leerders help om op een idee, feit of proses op ‘n keer te fokus.
Hoe lyk ‘n Woema-plakkaat?
- Die plakkate is op A3-grootte (297 x 420 mm) in volkleur gedruk.
- Die A3-plakkate word in bondels van vyf verkoop.
- Hierdie plakkate is nie gelamineer nie, maar op ʼn sterk papier gedruk.
Opsie A

Opsie B

Opsie C

Opsie D

As jy ‘n onderwyser is wat van Woema in die Afrikaans Eerste Addisionele Taal klas hou, lees gerus: