Speel hierdie vermaaklike algemene kennis vasvra in Afrikaans saam met jou leerders en sien hoe hulle tonge losraak!

Instruksies:

  • Deel die klas in goepe van vier en voorsien elke leerder van ‘n kopie van die vasvra.
  • Verbied die gebruik van selfone sodat daar nie na antwoorde gesoek kan word nie.
  • Laat die leerders deur die vrae en die moontlike antwoorde lees en dit dan bespreek om op ‘n antwoord te besluit.
  • Ken punte toe vir elke span met die korrekte antwoord.
  • Die leerders mag net Afrikaans met mekaar praat.

Maak dit opwindend – gee ‘n toffie of ‘n klein sjokolade vir elke lid van die wenspan!

Laai die vasvra hier af.

Laai die memorandum hier af.

Waarvoor wag jy? As jy nog nie met Woemaboeke in jou klas wikkel nie, lees meer hier.