Woema_woordeskatspeletjie

Instruksies: Verdeel leerders in spanne van drie of vier.

  1. Druk die oefening hieronder op A-3 papier uit.
  2. Demonstreer aan leerders hoe die speletjie werk.
  3. Gee een papier per span.
  4. Ken ‘n sekere tyd toe vir leerders om woorde op die papier in te vul. Al die spasies hoef nie ingevul te word nie.
  5. Leerders kan kreatief raak en hulle woorde in oop wit spasies illustreer.
  6. Motivering is ‘n groot dryfveer. As u as onderwyser ‘n foto van die wenplakkaat in u klas/se wil neem en spesifiseer hoeveel leerders deelgeneem het aan die plakkaat/plakkate en van watter skool u is, stuur ons ‘n klein prys vir elke leerder. Leerders se name hoef nie bekend gemaak te word nie. Stuur die foto saam met die besonderhede na info@woemaboeke.com