Geniet hierdie oefening saam met jou  Graad 10-12 leerders om hul woordstrukture vir die volgende toets of eksamen te oefen.

Só maak jy:

1. Maak ‘n fotostaat van die oefening vir elke leerder. Laai dit hier af.

2. Deel die klas in spanne van vier op. (Maak seker daar is sterk leerders in elke span om dit kompeterend te maak.)

3. Lees die instruksies saam met die leerders. Verduidelik die reëls.

4. Besluit hoeveel tyd die leerders het om die dertig vrae te beantwoord.

5. Wanneer die tyd verstreke is, kry elke span ‘n kans om hul antwoorde te lees. Punte word toegeken.

Kry jou memo hier.

 

Het die oefening jou klas gehelp?

Dan sal jou klas dalk ook by die volgende speletjies baat: