Grondslagfase onderwysers, hier is ‘n gratis speletjie om jou klas speel-speel aan die spel te kry.

Woema Woord Bingo

Reëls:

  1. Verdeel jou klas in twee spanne op.
  2. ‘n Leerder van span een rol die dobbelsteen.
  3. Vra ‘n spanmaat om die onderste woord in dieselfde kolom as die getal wat die leerder gerol het, te lees .
  4. Die leerder skryf dan die woord oor op die klas se bord of ‘n papier. As die leerder die woord reg gespel het, trek ‘n kruis deur die woord. Dit is dan span twee se beurt om die dobbelsteen te rol en dieselfde proses te volg.
  5. Die eerste span wat al die woorde reggespel en doodgetrek het, is die wenners.

Jy kan ook die leë patroon hier aflaai en jou eie woorde gebruik om die speletjie aan te pas vir jou leerders se eie vlak.

Jy benodig:

Lekker Speel (Spel)!