Informele of formele Afrikaans: Wat is die verskil, wanneer gebruik ons wat en hoekom maak dit saak?
Toets jou klas met hierdie oefening - dit is gratis.
In vandag se digitale wêreld kommunikeer ons vinniger as ooit tevore. Digitale platforms soos WhatsApp het informele Afrikaans gewild gemaak.
Informele Afrikaans weerspieël hoe ons praat en is ideaal vir vinnige, daaglikse kommunikasie tussen vriende en familie. Dit is persoonlik en spontaan, maar nie altyd duidelik of professioneel nie.
Kenmerke van informele Afrikaans:
kort sinne
bevat sleng, afkortings en idiomatiese uitdrukkings
direkte spraak, minder streng grammatiese reëls
dit gebruik dikwels Engelse leenwoorde
Ons gebruik informele Afrikaans vir vriendskaplike briewe, sms’e, sosiale media en alledaagse gesprekke.
Formele Afrikaans is die tipe Afrikaans wat in boeke, nuusberigte, skole en blogs gebruik word.
Dit volg taalreëls vir spelling, grammatika, hoofletters, punktuasie en sinsbou. Hier word aandag aan duidelikheid, struktuur en professionaliteit gegee.
Kenmerke van formele Afrikaans:
korrekte hooflettergebruik
sinsbou is kompleks en korrek
presiese taalgebruik
formele aanhef/afsluiting in briewe
amptelik, saaklik
Ons gebruik formele Afrikaans vir briewe aan instansies, opstelle, akademiese werk en besigheidsverslae.
Toets of jou leerders die verskil tussen informele en formele Afrikaans ken.