Passie is aansteeklik. Maar sommige tieners bly immuun wanneer dit by Afrikaans Addisionele Taal kom

Wanneer jy vir die soveelste jaar die Valentynsdag-tema aanpak (want dit is al wanneer jou klas aandag gee) is dit soms moeilik om opreg opgewonde te wees. Na verlede week se inskrywing het jou klas dalk al ‘n paar frases oor die liefde onder die knie.

[column col=”1/2″]Hier is vier wenke wat leerders sal help om meer passievol oor onderwerpe in Afrikaans te skryf:

1. Foto’s
Wys vir jou klas ‘n interessante foto. Vra vir jou klas om ‘n foto van die huis af te bring toe hulle nog babas was of foto’s van hulle ouers se troudag.

2. Boeke
Vra jou klas ‘n paar vrae oor die voorgeskrewe literatuur wat julle tans behandel. Stel een of twee vrae rondom ‘n situasie uit die boek. Die reaksie hierop hoef slegs ‘n paragraaf te wees, maar moedig jou klas aan om hulle eie opinie te vorm.

3. Musiek
Tieners hou van musiek. Stel jou klas bloot aan Afrikaanse musiek en verduidelik dat die doel van die oefening is om hulle reaksie neer te skryf, byvoorbeeld die emosies wat die musiek in hulle wakker maak, ens.

4. Gedigte
Lees vir jou klas ‘n Afrikaanse gedig (dit hoef nie ‘n voorgeskrewe gedig te wees nie) en verduidelik koertliks die gedig aan jou klas. Moedig nou jou klas aan om hul eie gedigte te skryf of om hulle gevoelens oor ‘n sekere gedig neer te skryf.[/column]

[column col=”1/2″]Die berggans