Informele of formele Afrikaans: Wat is die verskil, wanneer gebruik ons wat en hoekom maak dit saak?

Toets jou klas met hierdie oefening - dit is gratis.

In vandag se digitale wêreld kommunikeer ons vinniger as ooit tevore. Digitale platforms soos WhatsApp het informele Afrikaans gewild gemaak.

Informele Afrikaans weerspieël hoe ons praat en is ideaal vir vinnige, daaglikse kommunikasie tussen vriende en familie. Dit is persoonlik en spontaan, maar nie altyd duidelik of professioneel nie.

Kenmerke van informele Afrikaans:

  • kort sinne
  • bevat sleng, afkortings en idiomatiese uitdrukkings
  • direkte spraak, minder streng grammatiese reëls
  • dit gebruik dikwels Engelse leenwoorde

Ons gebruik informele Afrikaans vir vriendskaplike briewe, sms’e, sosiale media en alledaagse gesprekke.

Formele Afrikaans is die tipe Afrikaans wat in boeke, nuusberigte, skole en blogs gebruik word.

Dit volg taalreëls vir spelling, grammatika, hoofletters, punktuasie en sinsbou. Hier word aandag aan duidelikheid, struktuur en professionaliteit gegee.

Kenmerke van formele Afrikaans:

  • korrekte hooflettergebruik
  • sinsbou is kompleks en korrek
  • presiese taalgebruik
  • formele aanhef/afsluiting in briewe
  • amptelik, saaklik

Ons gebruik formele Afrikaans vir briewe aan instansies, opstelle, akademiese werk en besigheidsverslae.

Toets of jou leerders die verskil tussen informele en formele Afrikaans ken.

Laai hierdie gratis oefening hier af.

Hier is jou memo.

Dit sal jou leerders veral bewus maak van hulle woordkeuses wanneer hulle stelwerk doen.

Let asseblief op die volgende:

• Gebruik hoofletters korrek.
• Let op punktuasie.
• Pas STOMPI toe.
• Moenie Engelse woorde in formele Afrikaans gebruik nie.

Nog skryfwenke vir jou klaskamer.

Skerp jou leerders se skryfvaardigehede met hierdie gratis skryfnotas en riglyne op.

Sukkel jy om jou klas om te motiveer om in Afrikaans te skryf? Hier is ‘n paar wenke.

Hier is ‘n lekker speletjie om jou klas aan die spel te kry!

Ken jy die Woemaboeke-reeks? Lees meer oor die reeks.