Tien minute se pret in Afrikaans

Die STOMPI-akroniem help leerders om die basiese sinstruktuur van ‘n Afrikaanse sin se woordorde sintakties reg te skryf.

Speel gerus hierdie speletjie saam met jou klas om sinstrukture op ʼn kreatiewe manier te leer. Dit kan ook leerders help om STOMPI op ʼn prettige manier te hersien.

Hier volg die instruksies:

  1. Laai die STOMPI-kaarte hier af. Knip dit uit. Druk ʼn stel vir elke span uit.
  2. Deel jou klas in spanne van twee of meer groepe in.
  3. Jou klas gaan nou ʼn resies hou. Die vinnigste span wen!
  4. Gee vir elke span ʼn identiese hopie kaarte. Onthou om dit voor die tyd te skommel. Die leerders mag nie na die kaarte voor die resies begin kyk nie.
  5. Die resies werk so:
    • Sodra jy ʼn teken gee dat die spanne kan begin, mag die kaarte omgedraai word.
    • Elke span moet nou ʼn sin in die regte volgorde volgens STOMPI bou.
    • Die span wat eerste die sin in die regte volgorde gebou het, wen!

Hier is ʼn antwoordbladsy met die sinne wat elke groepie STOMPI-kaarte kan bou.

Gratis lesse oor STOMPI.

Hersien gou weer die STOMPI-reël hier.

Die tweede deel van die STOMPI-les volg hier

Het jy al van Woema se STOMPI-liniale gehoor?

Lees meer hier.

Versier jou klas met 'n STOMPI-plakkaat.