’n Stap-vir-stap metode kan waardervol wees om begripstoetse te benader:
Stap 1: Lees eers die vrae.
Stap 2: Onderstreep die sleutelwoorde in elke vraag.
Stap 3: Lees die teks stadig deur.
Stap 4: Soek die antwoorde in die teks en onderstreep dit.
Stap 5: Beantwoord met ’n volledige sin (as dit vereis word).
Volg gereeld die bogenoemde stappe om jou leesstrategie vas te lê.
Dit help om te weet wat ‘n vraag vra. Moedig leerders aan om te weet wat die verskillende vraagwoorde beteken:
Baie Afrikaans Eerste Addisionele Taal leerders sukkel met begripstoetse omdat hulle nie weet waar in die begripstoets om antwoorde te begin soek nie.
Dit kan help om hulle te leer:
Maak seker jou leerders ken die verskil tussen:
• Feitevrae (antwoorde uit die teks).
• Afleidingsvrae (lees tussen die lyne).
• Woordbetekenisvrae.
• Meervoudige keuse.
Leer jou leerders om:
Lees altyd weer deur jou werk.
Herhinner jou klas:
“Die antwoorde is in die teks. Jy hoef niks te raai nie.” Selfvertroue maak ’n groot verskil in begripstoetse.
Kort, gereelde hersieningsoefeninge help leerders om vir kwartaaltoetse en eksamens voor te berei.
Baie leerders kan lees, maar verstaan nie altyd wát hulle lees nie — en dis waar punte in begripstoetse verlore kan gaan.
Woemaboeke Afrikaans EAT se Wikkel met Begrip-reeks is die ideale reeks om begripstoetse te hersien. En hoe meer begripstoetse leerders oefen, hoe beter is die kans vir leerders om:
• Die kern van ’n teks vinnig te identifiseer.
• Vrae korrek te interpreteer.
• Antwoorde met selfvertroue te beantwoord.
• ‘n Beter leesbegrip én fokus te ontwikkel.
Onderwysers – Gebruik dit maklik in die klas vir Afrikaans Eerste Addisionele Taal. Dit spaar tyd, bied gestruktureerde begripsoefeninge en verbeter prestasie merkbaar.
Ouers – Dis ideaal vir tuisgebruik! Oorspronklike, KABV-gerigte begripstoetse, met memorandums ingesluit, maak dit maklik om saam met jou kind te oefen en hy of sy se selfvertroue te ontwikkel.
Stuur jou bestelling na [email protected].
Koop dit vandag aanlyn hier.