Baie dankie vir almal se bydraes. Hier is ons plakkaat met julle positiewe woorde van A-Z:

Neem nou ‘n blaaskans met jou klas

Oefening 1 – Skryf

Vra jou leerders om ‘n sin te skryf  met een van die positiewe woorde op die plakkaat. Laat jou klas STOMPI gebruik as hulle met woordorde sukkel.

Oefening 2 – Mondeling

Vra jou leerders om hul gunstelling woord te kies en te motiveer hoekom hulle van die woord hou. Hulle kan ‘n kort onvoorbereide mondeling doen. Of hulle kan een of twee sinne skryf.