Wat doen jy as ‘n leerder in jou klas nie ‘n Afrikaanse woord ken nie?

Stof bietjie daardie woordboek af, want die kuns van leksikografie moenie vergeet of onderskat word nie!

[column col=”1/2″]

Die meeste studente (en ongelukkig volwassenes ook) weet deesdae nie meer hoe om ‘n woordboek te gebruik nie. Of is dit miskien ‘n geval waar ons eenvoudig te lui geword het om ‘n woord na te slaan?
Hier is ‘n oefening wat vir jou klas selfvertroue sal gee om hulle woordeboeke te gebruik. Hierdie oefening is op die junior grade gemik, maar senior klasse sal net soveel daarby baatvind.

Verstaan jy wat die woordeboekdefinisie hieronder alles vir ons sê?

pik´kie, s.nw. [-s], little fellow

pik-kie: Die woord bestaan uit twee lettergrepe: pik-kie
s.nw. selfstandige naamwoord [noun]. Ons weet nou watter tipe woord dit is.
[-s]: Dit sê vir ons hoe die meervoud gevorm moet word: pikkies
little fellow: Hierdie is die Engelse vertaling van die woord.

Wil jy graag Pikkie Publikasies se webblad in Engels lees? Kyk gerus na die nuwe deel op ons webblad.

[/column]

[column col=”1/2″]


[/column]