site-mobile-logo

“Wat is die Afrikaanse woord vir…?”

Liefde praat sy eie taal, maar soms moet ‘n mens ‘n woord of twee ken as jy in Afrikaans wil vry

Valentynsdag is om die draai. Wat laat ‘n jong tiener se hart nou vinnger klop as die liefde? Gebruik hierdie spesiale geleentheid en motiveer jou klas om hulle Afrikaanse woordeskat uit te brei. Woordeskat verbeter slegs mits jy gereeld Afrikaans praat, skryf en die taal hoor! Tweedetaalsprekers trap dikwels klei wanneer dit by stelwerk kom omdat hul woordeskat kortkom. Die Woema-reeks fokus op die ontwikkeling van woordeskat deur elke tema met ‘n woordelys af te skop. Hierdie is slegs een manier om jou klas se woordeskat uit te brei. Moenie net vir jou klas vra om die Engelse betekenis van die Afrikaanse woorde te memoriseer nie, maar help jou klas om die Afrikaanse betekenis te onthou.

[column col=”1/2″]

Hier is ‘n paar wenke hoe om woorde in ‘n addisionele taal makliker te onthou:

  • Gee ‘n voorbeeld van die nuwe woord. Gebruik die woord in ‘n sin om die betekenis te demonstreer.
  • Betrek jou klas deur name van leerders te gebruik wanneer jy voorbeelde gebruik.
  • Gebruik die woordeskat in voorbeelde van onlangse gebeure in die media. Maak seker jou klas weet (veral in die senior grade) dat beeldspraak en idiome nie vertaal kan word nie. Die Afrikaanse vorm moet gebruik word – hierdie is leerwerk!
  • Hier volg ‘n woordeskatlys wat jou klas oor die liefde sal laat dink.

 

Hoe sê ‘n mens “table for two” in Afrikaans?
n Tafel vir twee
Voorbeeld: “Ek wil graag ‘n tafel vir twee hê, asseblief.”

Hoe sê ‘n mens “be mine” in Afrikaans?
Sal jy myne wees?
Voorbeeld: “Sal jy myne wees, ag toe Lizel!”

Hoe sê ‘n mens “he is a real flirt” in Afrikaans?
Hierdie is figuurlike taal en word nie direk vertaal nie. Gebruik eerder ‘n stylfiguur.
Voorbeeld: Hy is ‘n regte rokjagter.

Hoe sê ‘n mens “a boquet of flowers” in Afrikaans?
‘n Bos blomme
Voorbeeld: Ek wil graag “‘n bos blomme” vir Valentynsdag hê!

[/column]

[column col=”1/2″][/column]

1 1 3000 1 300 200 39 https://woemaboeke.com 960 1