Jou klas ken dalk die Afrikaanse sillabus, maar weet hulle hoe om vir ‘n toets voor te berei?

Hier is ‘n paar riglyne om jou klas te lei wanneer dit by die volgende toets- of ekasamenreeks kom:

[column col=”1/2″]

Tydens die kwartaal in die Afrikaanse klas, maak seker jy:

  • Let in die klas op
  • Neem volledige notas
  • Vra as jy nie iets verstaan nie
  • Doen daagliks jou huiswerk
  • Raak nie agter nie
  • Hersien daagliks jou werk

 

Die week voor jy toets skryf, haal diep asem en:

  • Maak seker jy het ‘n afbakening van wat in die toets gaan wees
  • Organiseer jou werk
  • Skat hoe lank dit sal neem om al die werk te leer
  • Beplan wat jy elke dag moet leer
  • Maak ‘n skedule met ‘n kort opsomming van elke dag se werk
  • Doen hersieningstoetse – kyk hier vir ou vraestelle en memorandums van die Departement van Basiese Onderwys
  • Moenie dat jou aandag afgelei word nie – sit jou musiek af as dit jou hinder!
  • Beloon jouself met klein blaaskanse tussen lang studieperiodes

 

Die aand voor die toets moet jy:

  • Rustig raak – neem ‘n lang bad
  • Genoeg slaap kry en probeer ontspan
  • Jou tyd só indeel dat jy die dag voor die toets net hoef te hersien

 

Die oggend van die toets, is dit nodig dat jy:

  • ‘n Gesonde ontbyt eet
  • Diep asemhaal voordat jy toets skryf

[/column]

Onthou, ‘n taal kan nie oornag perfek aangeleer word nie. Maak seker jou klas word gereeld daaraan herhinner dat hulle Afrikaans moet hoor, praat en lees. Woordeskat is bitter belangrik wanneer dit by die aanleer van ‘n addisionele taal kom. Gaan gereeld deur die Woordeskat vir Leesstuk in jou Woemas!