Gebruik beeldspraak en verryk jou skryfwerk.

Beeldspraak is illustrasies wat gewoonlik in slegs ’n paar woorde beskryf kan word. Wanneer dit sorgvuldig gekies word, is dit merendeels selfverduidelikend. Vergelykings en metafore is voorbeelde van beeldspraak.
Vergelykings is die eenvoudigste vorm van beeldspraak. In ‘n vergelyking is daar ‘n duidelike ooreenkoms tussen die onderwerp en iets totaal anders. Dit sê dat iets soos iets anders lyk, klink of voel. ‘n Vergelyking kan dus ook aan die woord soos uitgeken word:

• ‘n Geheue soos ‘n olifant
• Net so giftig soos ‘n geitjie
• Sy mond is so glad soos seep

Metafore vestig ook die aandag op ’n ooreenkoms tussen twee dinge wat grootliks van mekaar verskil. Metafore is egter kragtiger as vergelykings. Dit praat van die een ding asof dit die ander een is, en sodoende gee dit een of ander eienskap van die een aan die ander:

• Hy is ‘n vark
• “Jou klein duiweltjie!”
• Sy is ‘n juweel.

Paragraaf 1
Annie val. Jan het haar gepootjie toe sy haar stoel uittrek om te gaan sit. Nou soek juffrou Marais die skuldige persoon. Ek wonder wat sal sy dink as sy weet dat dit Jan is. Juffrou hou die meeste van hom. Ons ken almal vir Jan. Hy is nie wie hy voorgee hy is nie.

Paragraaf 2
Ons gebruik ‘n vergelyking en ‘n metafoor:
Annie slaan soos ‘n os neer. Jan het haar gepootjie toe sy haar stoel uittrek om te gaan sit. Nou soek juffrou Marais die skuldige persoon. Ek wonder wat sal sy dink as sy weet dat dit Jan is. Hy is juffrou se witbroodjie. Ons ken almal vir Jan. Hy is nie wie hy voorgee hy is nie.

[column col=”1/3″][/column][column col=”1/3″][/column][column col=”1/3″][/column]

 


Het jy ons vorige lesse oor kreatiewe skryf gemis?

Laai dit hier af:

Skryf kreatief: Les 1.

Skryf kreatief: Les 2.