Skryf kreatief met ‘n waatlemoen-vergelyking

As jy gereeld ons webblad volg, behoort jou leerders die volgende te kan doen:

1. ‘n Stelsin met behulp van STOMPI korrek te skryf.
2. Die lengte van sinne in ‘n opstel te wissel.

Vandag fokus ons op die onderwerp van kreatiewe skryfwerk. Dikwels skryf leerders oor te veel oomblikke van ‘n verhaal en fokus nie op ‘n spesifieke moment nie. Help jou leerders om eerder op een oomblik te fokus deur die onderwerp met ‘n waatlemoen te vergelyk. Gebruik die waatlemoen-vergelyking hieronder om jou leerders toe te rus om die onderwerp van kreatiewe stelwerk op ‘n praktiese manier aan te pak. Kliek op die plakkaat hieronder om ‘n A4-grootte af te laai.

Die waatlemoen-vergelyking werk só :

– Vergelyk die groter onderwerp met ‘n waatlemoen, bv. My vakansie.
– Vergelyk ‘n meer spesifieke onderwerp van jou verhaal met ‘n skyfie uit hierdie waarlemoen, bv. ‘n Uitstappie na die strand.
– ‘n Pit in die waatlemoenskyfie word met ‘n fokusoomblik vergelyk, bv. Ons bou ‘n sandkasteel.

Hoe onderskei ons tussen die drie dele van die waatlemoen?

Die waatlemoen is ‘n algemene onderwerp en dikwels die onderwerp wat aan jou leerders gegee word om oor te skryf.
Die waatlemoenskyfie kan meer as een oomblik hê, baie detail bevat en is baie breed en minder gefokus.
Die waatlemoenpit is baie spesifiek, fokus op een oomblik van die vertelling en vertel die belangrikste deel van ‘n storie.

Hier is nog voorbeelde: