Redigeringsoefening vir Afrikaans Addisionele Taal Graad 10-12
Kyk na die reëls oor punktuasie en hoofletters wat uit die Graad 12-Woema aangeheg is. Gee vir jou klas hierdie redigeringsoefening.
Gebruik die kontrolelys terwyl jy redigeer.
Redigering
1. Lees die volgende stuk deur.
2. Soek die foute in die leesstuk. Dit kan spelfoute, punktuasie, verkeerde woordgebruik, taalfoute of sinsfoute wees.
3. Skryf die stuk korrek oor.
Wat ‘n nagmerrie!
Ons almal droom – Mans vrouens en selfs babas. Navorsers het bevind dat ‘n mens gewoonlik elke nag ‘n paar drome het. ‘n Mens droom van vyf tot tien minuute lank.
Ongeveer tagtig present van alle drome is in kleur tog daar is ‘n klein persentasie mense wie sê dat hulle droom net in wit en swart.
Het jy al ooit gekyk hoe ‘n slaapende hond sy stert swaai of sy bene beweeg terwyl hy slaap? navorsers sê dit is waarskynlik so dat diere wel droom. Hou maar vir Bruno dop as hy volgende keer met ‘n swaaiende stert slaap en besluit vir jouself.
Calvin Hall, ‘n navorser sê: ’n Mens ervaar baie emosies met ‘n droom, bv vreugde blydskap en vrees. Die algemene emosie in ‘n droom is angs. Mense droom party keer dat hulle gejaag is. Party droom weer hulle is laat vir iets.
Van wat droom jy waneer jy ‘n angsdroom het? Kom vertel.
Klaar geredigeer?