February 2, 2015
Redigering is belangrik.
Lewensbelangrik.
[column col=”1/2″]
In vandag se oefening gee ons vir jou ‘n kontrolelys om jou klas te help om hul redigeringsvaardighede op te knap. Ons heg ook die teorie uit ons Woema Graad 12-Werkboek aan wat punktuasie dek. Jy is welkom om die PDF hier af te laai en met jou klas te deel.
Leerders moet veral die volgende in gedagte hou wanneer hulle werk redigeer:
- Leestekens
- Hoofletters
- Taalaspekte
- Spelling
Maak seker jou klas oefen gereeld om hul eie werk te redigeer. ‘n Kontrolelys sal jou klas help om van alle redigeringsaspekte bewus te bly. ‘n Leerder wat goed redigeer, sal ook ‘n beter skrywer word.
Reg vir ‘n redigeringsoefenig? Hou volgende Maandag In die Afrikaanse Klas dop vir ‘n redigeringsoefening met ‘n memo.
[/column]