[column col=”1/2″]

Afrikaans is skatryk aan idiome.  Idiome is eie aan ‘n taal. Omdat idiome baie van figuurlike spraak gebruik maak, kan ‘n mens nie altyd uit die idioom aflei wat dit beteken nie. Idiome ontstaan meestal uit ‘n volk se leefwyse, geskiedenis en tradisies.

Druk gerus hierdie idioom uit om in jou klaskamer op te plak.

Neem ‘n blaaskans en hou ‘n blitsraai. Kyk of jou klas die betekenis van die volgende idiome verstaan:

Ek het ’n appeltjie met jou te skil

– Ek wil hê jy moet my goed verstaan
– Ek wil ’n onaangename saak met jou bespreek
– Ek wil vir jou sê ek is jammer
– Ek wil die waarheid vir jou vertel

John saag balke

– John baklei
– John glo alles wat hy hoor
– John vertel leuens
– John snork

Hy sit op die draad

– Hy kies nie kant nie
– Hy dink hy is baas
– Hy is heeltemal alleen
– Hy is baie oud

Daar is ‘n slang in die gras

– Daar is iemand wat oneerlik is
– Daar is iets waaroor almal praat
– Iewers is iets nie pluis nie, dinge lyk nie reg nie
– Iemand se troeteldier is weg

[/column]
[column col=”1/2″]IDIOOM[/column]