Gemotiveerd? Glo jy kan en jy is halfpad daar…

Volg hierdie ses wenke en praat Afrikaans met selfvertroue – al is dit jou addisionele taal!

[column col=”1/2″]·

  • Lees ‘n Afrikaanse teks hardop. Hierdie teks kan uit jou Woema wees of die dag se Afrikaanse koerant. Staan voor ‘n spieël as jy wil. Stel jou voor jy is ‘n bekende persoon, nuusaanbieder of popster. Sit jou radio aan sodat niemand jou hoor nie. Moenie ophou lees as jy dink jy maak ‘n fout nie. Dit is belangrik dat jy nie pouses neem nie en jou uitspraak oefen.
  • Maak vriende met Afrikaanssprekende mense. Daardie outjie by die gim? Daardie meisie by die flieks? Moenie skaam wees omdat hulle ‘n ander taal praat nie. Waar daar ’n wil is, is daar ‘n weg. Kommunikeer met iemand van jou ouderdom in Afrikaans en jy sal gou agterkom jy en Afrikaanse tieners het baie in gemeen!
  • Werk saam met jou onderwyser om jou einddoel te bereik. Jou onderwyser wil ook hê jy moet die jaar slaag. Sodra jy jou onderwyser as vriend eerder as vyand beskou, sal jou houding teenoor Afrikaans gou positief word. ‘n Positiewe houding sal die leerproses vergemaklik.
  • Vorm ‘n studiegroep. Ek weet jy dink niemand vind Afrikaans so moeilik soos jy nie, maar praat bietjie met jou vriende en jy sal gou uitvind almal het ‘n afdeling in hul Woemas waarmee hulle vasbrand. Vorm ‘n studiegroep en motiveer mekaar op dié manier.
  • Stel doelwitte op oor hoekom jy Afrikaans leer. Om ‘n addisionele taal te leer het baie voordele. Lees weer hier as jy daarvan vergeet het. [/column]

[column col=”1/2″]

 

 

[/column]