Begin jou jaar in die Afrikaans Addisionele klas met hierdie ysbreker…
Doen hierdie oefening aan die begin van die jaar en lig jou klas in dat dit die tipe Afrikaanse frases is wat jy wil hê in die klas vir die jaar gebruik moet word.
Begin deur die volgende Engelse frases op die bord te skryf voordat die klas begin:
• I don’t understand.
• I don’t know.
• Pardon?
• Once more, please.
• What does _____________ mean?
• What’s ____________ in English?
• How do you spell ____________ ?
• Is this ok?
Vra nou vir die klas om die frases in Afrikaans te vertaal. Besluit self hoe julle hierdie deel van die oefening gaan aanpak. Indien daar genoeg tyd is kan leerders in groepe van twee of drie saamwerk. As jy tyd het, kan jy plakkate maak om die klas te herinner aan hierdie frases.
Bron: http://busyteacher.org/