site-mobile-logo

Nuusbrief Feb 2017


• GRAAD 8-AANLYNKURSUS
• KOMPETISIE VIR LEERDERS
• NUUT OP DIE RAKKE
• WOEMA GRAAD 7 SE RESENSIE IN DIE ISASA-TYDSKRIF

Beste Onderwyser
Baie dankie vir al die positiewe terugvoer oor Woemaboeke! Ons hou julle graag op hoogte van Woemaboeke se planne vir 2017.
Woemaboeke het die jaar met nuwe buiteblaaie afgeskop. Ons hoop julle hou van hierdie vars verandering. Die inhoud is steeds dieselfde.

GAAN LOER NA ONS WEBBLAD VIR INSPIRASIE
Ons webblad het onlangs ‘n nuwe baadjie aangetrek. Gaan kyk gerus hier vir idees, hulpbronne en inspirasie vir jou Afrikaanse klasse. Ons wens is dat die gratis oefeninge, skyfies, begripstoetse ens. jou taak as onderwyser net ‘n bietjie makliker sal maak!

GEE JOU KLAS ‘N HUPSTOOT MET DIE GRAAD 8-AANLYN KURSUS
Ons Graad 8-aanlynkursus sien hierdie jaar amptelik die lig. Die kursus word hierdie jaar deur ‘n nuwe IT-ondersteuningspan bestuur. Die inhoud word steeds deur die Woemaspan geskep. Skole is welkom om lisensies te koop. Die kursus is op die inhoud van die Woemaboek gegrond.

LEES WOEMA SE RESENSIE IN MAARTMAAND IN DIE ISASA-TYDSKRIF
Wees gerus op die uitkyk vir die Graad 7-Woemaboek se resensie wat in die Maart-uitgawe van die ISASA-tydskrif gepubliseer gaan word. Het jy dalk die Woema Graad 12-resensie gemis? Lees dit hier.

ONS TWEEDE WOEMABOEK VIR LAERSKOLE IS IN 2018 BESKIKBAAR
Die Woema-span is tans hard besig om aan die Graad 6-Woemaboek te werk. Die splinternuwe boek word in 2018 uitgegee. Stuur gerus ‘n e-pos na info@woemaboeke.com indien jy ‘n voorbeeldkopie wil leen sodra Woema Graad-6 beskikbaar is.

PROBLEME OM WOEMABOEKE TE BEKOM
Indien u enige probleme het om Woemaboeke by boekhandelaars te bekom, kontak ons asselief by info@woemaboeke.com. Ons sal dit met die boekhandelaar opvolg.

[column col=”1/2″]

WOEMABOEKE KOMPETISIE
Addisionele taal sprekers het dikwels so bietjie motivering nodig. Ons eerste kompetisie van die jaar skop op 28 Februarie af.
Drie gelukkige leerders staan ‘n kans om R500 elk te wen.
Hou ons webblad en Facebook dop vir meer besonderhede.

[/column]

[column col=”1/2″]

[/column]

Kontak ons gerus vir enige navrae, kommentaar of terugvoer oor Woemaboeke
Baie sterkte met die kwartaal!

Vriendelike groete,
Die span by Pikkie Publikasies

0860 99 5100

1 1 3000 1 300 200 39 https://woemaboeke.com 960 1