March 6, 2017
Dit is weer tyd om ‘n idioom te leer!
Ons hoop daar is geen leerders wat in die klas sit en “’n uiltjie knip” nie.
Hier is ‘n paar redes waarom leerders soms in die klas slaap:
- Hulle bly te laat wakker. Sit die TV en rekenaarspeletjies af en bly weg van sosiale media voor slaaptyd.
- Hulle het gesondheidsprobleme of slaapversteurings.
- Die leerders is verveeld met die tempo van klasaktiwiteite.
- Daar is ouer-kind konflik in die gesin.
- Die leerders mag dalk honger wees.
- Jy gebruik nie Woemaboeke in jou klas nie.
[space height=”HEIGHT”]
Hou jou klas só wakker…
Speel ‘n vinnige ronde van “Doen dit, doen dat” om jou klas se aandag te behou. Dit is die Afikaanse weergawe van “Simon Says”. Kry jou Woemaboeke hier (as jy nog nie het nie) om jou klas met vars en kreatiewe inhoud wakker te hou en sommer ook hul woordeskat te toets!
Druk gerus die idioom hier in A4-grootte uit en gebruik dit in die klaskamer.
Hulpbronne: edutopia.com