site-mobile-logo

Memorandum

Wat ‘n nagmerrie!

Ons almal droom – mans, vrouens en selfs babas. Navorsers het bevind dat ‘n mens elke nag gewoonlik ‘n paar drome het.

Ongeveer tagtig persent van alle drome is in kleur tog is daar ‘n klein persentasie mense wat sê dat hulle net in wit en swart droom. ‘n Mens droom vir vyf tot tien minute lank.

Het jy al ooit gekyk hoe ‘n slapende hond sy stert swaai of sy bene beweeg terwyl hy slaap? Navorsers sê dit is waarskynlik dat diere wel droom. Hou maar vir Bruno dop as hy volgende keer met ‘n swaaiende stert slaap en besluit self!

Calvin Hall, ‘n navorser, sê: “Jy ervaar baie emosies met ‘n droom, bv. vreugde, blydskap en vrees.” Die algemeenste emosie in ‘n droom is angs. Mense droom partykeer dat hulle gejaag word.

Waarvan droom jy wanneer jy ‘n angsdroom het? Kom, vertel!

1 1 3000 1 300 200 39 https://woemaboeke.com 960 1