site-mobile-logo

Leerders het vanaf 2018 net 10% nodig om Afrikaans te slaag.

[column col=”1/2″]

Het ons julle geflous?

Vandag leer ons om nie alles vir soetkoek op te eet nie!

Ons hoop op die 1ste April het julle nie alles geglo wat mense vir julle vertel het nie… Julle wil tog nie ‘n Aprilgek genoem word nie!

Ons hou baie van die streep wat King’s College in Londen in 2014 vir almal getrek het. Hulle wêreldbekende koor het in ‘n YouTube opname aangekondig dat sekere regulasies dit onmoontlik maak om jong seuns in die koor te hê.  Hulle is gedwing om alternatiewe metodes te vind om die hoë toonhoogte van hulle preadolessente stemme na te aap.

Nadat navorsing gedoen is, het die Chemie Departement ‘n oplossing voorgestel… gebruik helium!

Kyk gerus hier na die lawwe videouittreksel en lag lekker saam.

Vra vir jou klas  met watter Aprilgek-grappe hulle al geflous is.

*Druk gerus die idioom hier in A4-grootte uit en gebruik dit in die klaskamer.

** Hulpbronne: hoaxes.org

[/column]

[column col=”1/2″][/column]

 

1 1 3000 1 300 200 39 https://woemaboeke.com 960 1