August 14, 2023
Probeer ons Paddas-en-Lelies bordspel om vinnig saam met jou klas deur ‘n paar werkwoorde te draf.
Vat ‘n blaaskans terwyl jou leerders pret het en hul werkwoorde leer.
Die speletjie werk op die beginsel van Slangetjies-en-Leertjies en Stomstreke.
Benodighede:
Benodighede:
• ‘n Onderwyser om tyd en telling te hou
• Woema se uitgedrukte speletjie
• ‘n Dobbelsteen
• Merkers vir die spanne
• ‘n Halfminuutglas/Tydhorlosie.
1. Deel jou klas in twee of meer groepe op.
2. Die speletjie bly op die onderwyser se lessenaar.
3. Laat een leerder per span op ‘n slag na vore kom om die dobbelsteen te rol.
4. Skuif dan die span se merker op die bord aan.
5. Die leerder lees die woord vir hom-/haarself.
6. Die leerder moet dan sonder om te praat die woord deur aksies demonstreer.
7. Hul spanmaats sal die korrekte woord moet raai op grond van daardie aksies.
8. Die leerders kry 30 sekondes om die woord te demonstreer.
9. Indien die span die woord binne 30 sekondes kan regraai, kan die span weer die dobbelsteen rol met ‘n nuwe spanmaat wat sal demonstreer.
10. Indien nie, kry die volgende span ‘n beurt.