site-mobile-logo

Goeie klaskamerbestuur is nodig vir suksesvolle onderrig

Is jou klas se wiele geolie?

Strategieë vir effektiewe bestuur is deurslaggewend om te help dat lesse glad verloop en ‘n positiewe ruimte te skep om in te leer.

Hier volg ʼn paar wenke vir effektiewe klaskamerbestuur:

[column col=”1/2″]

Klasreëls

• Meer reëls beteken nie altyd beter gedrag nie – kies jou klasreëls wys.
• Raadpleeg jou skool se dissiplineplan oor hoe jy ‘n leerder se wangedrag gaan straf.
• Moenie jou energie mors om elke keer minder ernstige swak gedrag te straf nie – soms werk dit om ʼn leerder te ignoreer.
• Hou leerders besig en betrokke by die les om ontwrigtings te voorkom.

Kommunikasie

• Wees deursigtig in jou doelwitte – maak van die eerste dag af jou verwagtinge duidelik aan jou leerders.
• Wees konsekwent in jou verwagtinge en dissipline.
• Verskerp jou tydsbestuur.
• Bly kalm. Al het jy miskien beheer oor alles verloor, kan jy nog steeds jou reaksie beheer.
• Probeer vanuit jou leerders se perspektief na situasies te kyk en wys empatie.
• Moenie vasgevang word in dieselfde metode van klasgee nie.

Verhoudings

• Vermy dit om leerlinge wat hulle wangedra voor hulle maats te konfronteer. Praat eerder eenkant met hulle.
• Verwelkom jou leerders by die deur.
• Bou goeie verhoudings met jou leerders en wys dat jy omgee.
• Moenie dit persoonlik opneem as ‘n leerder jou onder sy tong laat deurloop nie. Gebruik elke dag as ‘n geleentheid om vars te begin.
• Moenie bang wees om uit te reik na ouers nie – hulle is eintlik jou bondgenote.
• Wys jou leerders dat hulle vordering en sukses vir jou belangrik is. Gebruik belonings om hulle aan te moedig.
[/column]
[column col=”1/2″]


[/column]

1 1 3000 1 300 200 39 https://woemaboeke.com 960 1