April 17, 2015
‘n Bietjie motivering is soms nodig om jou klas se aandag te kry en hul weer op Afrikaans te laat fokus!
Gee jou klas die kans om die vakansie se energie voordelig in die Afrikaanse klas te gebruik.
Gee jou klas ‘n opdrag om iets vir punte te demonstreer. Hier volg ‘n kort voorstel vir ‘n mondeling wat vir senior grade gebruik kan word:
Inleiding
Indien moontlik, wys vir hulle hierdie video sodat hulle ‘n idee kan kry van hoe lank hulle aanbieding moet wees. Die video is ook ‘n lekker ysbreker:
Instruksies
Verduidelik nou aan jou klas dat hulle ʼn demonstrasie moet voorberei.
Hulle moet een van die volgende onderwerpe kies:
- Vyf gebruike van koeksoda
- Hoe om ‘n suurlemoen as ‘n potplanthouer te gebruik
- Maak jou eie badprodukte só…
- Hoe om origami te vou
- Wat om vir ‘n belangrike werksonderhoud aan te trek… en wat nie!
Volg ook die instruksies in jou Woema wat die riglyne vir demonstrasies gee.
Onthou om…
- jou klas aan te moedig en te herhinner om goed vir die mondeling voor te berei.
- jou leerders aan te moedig om verdraagsaam teenoor ander leerders te wees wanneer mondelinge aangebied word.