site-mobile-logo

Hoeveel leerders weet wie André P. Brink was?

Alhoewel sy geboortedorp die naam Vrede dra, was sy lewe eintlik dié van ‘n rebel.

Hier is ‘n paar feite om leerders in te lig oor André P. Brink wat vir ons gewys het hoe magtig die pen is.

[column col=”1/2″]

André P. Brink het op 6 Februarie 2015 gesterf. Hy was op pad terug na Suid-Afrika van België nadat hy ‘n eredoktersgraad aan die Katolieke Universiteit van Louvain ontvang het.

Hy  was bekend as een van die Sestigers. Hy, sowel as ander skrywers, byvoorbeeld Jan Rabie en Ettienne le Roux, het gestry om vryheid en gelykheid vir almal in Suid-Afrika te bring.

Brink was die eerste Afrikaanse skrywer wie se boek, Kennis van die Aand, in 1973 deur die regering verbied is. Die boek is in Engels vertaal as Looking on Darkness en het vir Brink blootstelling aan die internasionale mark gegee. Die sensuur wat die regering toegepas het, het daartoe gelei dat Brink al sy romans gelyktydig in Afrikaans en Engels geskryf het.

Meer as sestig boeke het onder sy naam verskyn. Van hierdie boeke is in drie en dertig tale vertaal, onder andere Japannees, isiXhosa en Viëtnamees.

André P. Brink het drie keer die CNA-toekenning ontvang. Hy is ook vantevore genomineer vir die Nobelprys vir Letterkunde.

Hier is ‘n kort greep uit die film A Dry White Season:  [youtube height=”400″ width=”600″]https://www.youtube.com/watch?v=-QSmtrx50oo[/youtube]

[/column]

[column col=”1/2″]

Deel gerus hierdie plakkate met jou klas:

[/column]

 

 

 

1 1 3000 1 300 200 39 https://woemaboeke.com 960 1