June 26, 2023
Die meeste leerders (en ongelukkig volwassenes ook) weet deesdae nie meer hoe om ‘n woordeboek te gebruik nie. Of is dit miskien ‘n geval waar ons eenvoudig te lui geword het om ‘n woord na te slaan?
Hier is ‘n oefening wat vir jou klas selfvertroue sal gee om hulle woordeboeke te gebruik. Hierdie oefening is op die junior grade gemik, maar senior klasse sal net soveel daarby baat vind.
Laai die oefening hier af.
Laai die memorandum hier af.
Ken jy jou woordsoorte?
Kyk hier vir ‘n plakkaat spesifiek oor woordsoorte. Dit sal jou help om jou woordeboek te gebruik as jy jou woordsoorte ken!