February 21, 2017
Hierdie sin het vyf woorde
Verlede maand het ons leerders gewys om stelsinne met die STOMPI-reël te skryf. Een manier om skryfwerk lewendig te maak, is om stelsinne se lengte af te wissel.
Lees gerus die teks op die plakkaat “Hierdie sin het vyf woorde” vir jou klas. Dit illustreer hoe die afwisseling van die lengte van sinne in hul skryfwerk hul kreatiwiteit kan laat blom.
Soms is korter sinne nodig. Soms moet jy langer, meer komplekse sinne gebruik.
Dit is ook ‘n goeie idee om die A4-grootte plakkaat hier af te laai. Plak dit op jou klaskamermuur sodat jou klas hieraan herinner kan word.
Hou ons webblad dop vir nog wenke hoe om kreatief te skryf.