Wen R1 500,00 met Woemaboeke se plakkate!
Het jy geweet Woemaboeke se Afrikaanse plakkate kan jou kontant in die sak bring?

Hier volg die bepalings en voorwaardes vir die kompetisie wat Woemaboeke in Februarie 2023 op Facebook deel:
- Die volgende mense mag nie aan die kompetisies deelneem nie: ’n eienaar, lid, vennoot, werknemer of agent vir of konsultant van C. Smith t/a Pikkie Publikasies (hierna net Woemaboeke) of die promotor (enigiemand wat regstreeks of onregstreeks reklame vir die kompetisie maak, dit borg, organiseer of bestuur, of tot wie se voordeel die kompetisie gepromoveer, geborg, georganiseer of bestuur word) of enige verskaffer van goedere of dienste wat met ’n kompetisie verband hou).
- Hierdie kompetisie is slegs vir Afrikaanse onderwysers.
- Hierdie kompetisie begin op 3 Februarie 2023. Kompetisie sluit 28 Februarie 2023. Die wenner sal op 7 Maart 2023 op Woemaboeke se Facebook-bladsy (https://www.facebook.com/Woemaboeke) bekend gemaak word.
- Jy kan nie in aanmerking kom om ’n kompetisie te wen indien jy ’n kompetisie gewen het wat ons in die afgelope drie maande gepromoveer het nie.
- Dit is jou verantwoordelikheid om te verseker dat enige inligting wat jy aan ons verskaf akkuraat, volledig en op datum is.
- Die wenner stem toe dat sy/haar naam, biografiese besonderhede en betrokkenheid by die kompetisie aan die borge beskikbaar gestel word vir reklame- en prysafleweringsdoeleindes.
- Die wenner benut die prys op hul eie risiko. Woemaboeke kan nie aanspreeklik gehou word vir enige verlies, skade, persoonlike beserings of dood wat spruit uit enigiemand se nalatigheid (waaronder, maar nie beperk nie tot growwe nalatigheid) wanneer die prys aanvaar of gebruik word nie.
- Daar word aanvaar dat deelnemers die bogenoemde reëls aanvaar en deur middel van inskrywing instem om by die reëls te hou. Hierdie reëls is wettig en bindend vir deelnemers.
- Tensy anders vermeld, word net een inskrywing per persoon toegelaat.
- Die wenner benut die prys op hul eie risiko. Woemaboeke kan nie aanspreeklik gehou word vir enige verlies, skade, persoonlike beserings of dood wat spruit uit enigiemand se nalatigheid (waaronder, maar nie beperk nie tot growwe nalatigheid) wanneer die prys aanvaar of gebruik word nie.
- Daar word aanvaar dat deelnemers dié reëls aanvaar en deur middel van inskrywing instem om by die reëls te hou. Hierdie reëls is wettig en bindend vir deelnemers. Jy staan slegs in aanraking om te wen indien jou antwoord korrek is, en jy die volgende stappe voltooi het:
– Jou gunsteling Woema-plakkaat in die kommentaar boksie onderaan die Facebook-plasing genoem het.
– ʼn Afrikaanse Onderwyser ge“tag” het in die kommentaarboksie onderaan die plasing.
– Woemaboeke Afrikaans EAT se Facebook-bladsy ge”like” het. - Die wenner sal verwittig word deur middel van die kontakbesonderhede wat aan ons verskaf is. Indien ons of ’n derdeparty verskaffer nie ’n wenner binne sewe werkdae van die eerste kennisgewing van Woemaboeke in die hande kan kry nie, sal die wenner die prys verbeur en Woemaboeke behou die reg voor om ’n nuwe wenner onder dieselfde toestande aan te wys. Woemaboeke behou ook die reg om nie ‘n wenner aan te kondig nie.
- Indien jy ’n prys wen wat deur ’n derdeparty verskaffer voorsien word, sal die verskaffer jou kontak om die ontvangs daarvan te reël. Alle korrespondensie insake die prys moet aan die verskaffer van die prys gerig word. Woemaboeke sal nie verantwoordelik wees vir enige verdere korrespondensie, nadeel, skade, verlies of eis met betrekking tot die verskaffing van enige element van die prys nie.
- Ons en ons derdeparty verskaffers, wat ook al die geval mag wees, behou die reg voor om die kompetisie en enige pryse, of enige aspek daarvan, te enige tyd sonder kennisgewing te verander, uit te stel, af te stel of te kanselleer indien daar ’n rede is wat ons noop om dit te doen. In die geval van so ’n variasie, uitstelling, afstelling of kansellasie stem jy in om enige regte, belange en verwagtings wat jy ingevolge die kompetisie het, prys te gee en om erkenning te gee dat jy dit nie van ons, ons filiale en derdeparty verskaffers sal verhaal nie.
- Woemaboeke en die beoordelaars se besluit oor enige kwessie wat met die kompetisie verband hou of uit hierdie bepalings en voorwaardes.
Sterkte!