January 6, 2023
Die jaar is in volle gang en die span by Woemaboeke is opgewonde. ‘n Nuwe jaar beteken nuwe geleenthede en nuwe uitdagings!
Hier is vyf wenke wat jou mag help om ‘n suksesvolle nuwe jaar te hê:
1. Maak ‘n lys van die dinge waarvoor jy dankbaar is. Volgens Forbes kan ‘n dankie-lys jou uitkyk op die lewe verander, jou gemoed verbeter en jou meer laat glimlag.
Noem sommer nou drie dinge op waarvoor jy dankaar is.
2. Skryf spesifieke doelwitte vir 2023 neer. Daar is ‘n aanhaling wat lui: “Droom daarvan en laat dit dan gebeur …”
3. Dink na oor die lesse wat jy in 2022 geleer het, maar moenie daarop tob nie.
4. Gooi weg, pak weg, skenk. Maak seker die spasies inspireer jou om die doel te dien waarvoor dit bedoel is. Vir plakkate in Afrikaans wat jou klas se mure in ‘n japtrap kan ophelder, kyk hier: https://store.woemaboeke.com/store/category/woemaboeke-posters.
5. Organiseer jou dagboek. Deeglike beplanning spaar tyd en skep kalmte. Hier is die skoolkwartale vir 2023: https://www.gov.za/about-sa/school-calendar#2023.
Waarvoor wag jy?