Die naweek is hier!
Maar as dit net merkwerk, middae langs die atletiekbaan en voorbereiding vir volgende week beteken, is dit dalk tyd dat jy fokus op ‘n paar aksiestappe om werk en ontspanningstyd te balanseer.
[column col=”1/2″]
1. Beplan jou ontspanningstyd
Kenners meen dat jy tyd in jou dagboek moet inruim vir ontspanning. Beplan byvoorbeeld jou naweke of daardie uur na skool vooruit om seker te maak jy benut jou tyd ten volle. Maak jou afspraak by die spa vroegtydig of spreek ‘n week voor die tyd af om ‘n vriendin by jou gunsteling koffiewinkel te ontmoet. Op die manier is ontspanningstyd ook ‘n prioriteit.
2. Omring jouself met positiewe mense
Moenie toelaat dat negatiewe mense jou uitkyk op die lewe ook swaarmoedig maak nie. Jy verdien om in positiewe geselskap te wees. Maak seker jy dra ook by tot ‘n opgeruimde bui wanneer jy om mense is.
3. Beplan en spaar tyd
Voorbereiding vir klasse, toetse merk en buitemuurse aktiwiteite laat min tyd oor om elke dag ‘n draai by die naaste supermark te maak. Boonop kom die gerief van hierdie winkels met ‘n prys. Beplan jou weeklikse etes vooruit en probeer om eenkeer elke twee weke inkopies te doen.
4. Beweeg!
‘n Gewilde spreekwoord sê dat jy elke dag vir ‘n halfuur moet mediteer. En as jy nie tyd het om te mediteer nie, mediteer dan vir ‘n uur. Jy lees reg. Ek glo oefening volg dieselfde beginsel. As jy twyfel, ‘n stappie om die blok tel vir wonderlike oefening!
5. Wees realisties
Rome is nie in ‘n dag gebou nie, maar elke bietjie help. Fokus op waar jy wil wees en skryf jou vordering neer.[/column]