Gebruik jou brein se spiere en voltooi ʼn begripstoets oor die Olimpiese Spele.

 

Woemaboeke gee hierdie maand ʼn gratis begripstoets vir die Verdere Onderwys- en Opleidingsfase fase, weg.
Die volgende wenke is bewys om leerders te help met selfvertroue. Dit sal hulle ʼn hupstoot gee wanneer hulle begripstoetse beantwoord:

1. Maak seker jou leerders weet dat ʼn begripstoets al die antwoorde in die teks sal verskaf. Herinner jou klas daaraan dat beelde, opskrifte en byskrifte ook deel maak van die teks.
2. Dit is só belangrik dat leerders al die inligting, teks en instruksies in die begripstoets lees. Die eerste instruksie is dikwels die belangrikste, byvoorbeeld “Beantwoord in volsinne”. Leerders is soms so haastig dat hierdie instruksies nie raakgelees word nie. Kyk byvoorbeeld na hierdie kort eksperiment wat bewys hoe nadelig dit kan wees as jy nie eers al jou instruksies lees nie. Deel dit met jou klas as jy kan.
3. Oefen! Hoe meer begripstoetse jou leerders doen, hoe makliker sal begripstoetse vir hulle raak.

Vandag se begripstoets vir Verdere Onderwys- en Opleidingsfase kan hier afgelaai word.
Kry jou memo hier.

Het jy geweet?

  •  Vir ekstra oefening, doen die begripstoetse in ons Graad 8 en 9 e-Kursusse hier.
  • Kan jy nie genoeg kry van sport nie? Loer weer na hierdie woordsoekoefening.
  • Lees meer oor ons Teks- en Werkboeke hier.