Een van die KABV-vereistes vir Afrikaans Addisionele Taal is dat leerders praktiese aanwysings of instruksies moet kan volg.

[column col=”1/2″]

Wees kreatief en moedig jou klas aan om ook die produk waaroor hul die aanwysings lees, suksesvol te skep.

Só sal die leerder voel hul kry die figuurlike goue sterretjie op die voorkop en dat hul addisionele taal prakties toegepas word.

Jy kan gerus uit enige praktiese tydskrif of op die internet vir doen-dit-self projekte soek en dit dan in eenvoudige Afrikaans vir jou klas oorskryf.

Hieronder is ‘n aktiwiteit met aanwysings wat leerders prakties kan doen om die kwartaal mee af te skop:[/column]

 


 Maak ‘n kers

 

[column col=”1/4″]

Wat jy nodig het

  • ‘n Paar stukkies waskryte van verskillende kleure
  • Stukkies wit kers
  • ‘n Pan
  • Dun tou
  • ‘n Sosatiestokkie
  • ‘n Papierbeker[/column]

[column col=”1/2″]

Aanwysings

1. Sit die waskryte en die stukkies wit kers in ‘n pan.
2. Smelt dit stadig oor lae hitte. Hou die hitte laag en moenie haastig wees nie, want anders kan die kerswas aan die brand raak en jy kan seerkry.
3. Roer die mengsel liggies.
4. Maak ‘n klein gaatjie met die sosatiestokkie onder in die middel van die papierbeker terwyl die was smelt.
5. Sny ‘n lang stuk tou van ongeveer 30cm. Druk die een kant van die tou daardeur en maak ‘n knoop aan die onderkant van die papierbeker.
6. Gooi die was versigtig in die koppie. Maak seker dat die ander punt van die tou aan die buitekant van die papierbeker uithang.
7. Hang die papierkoppie iewers op met die stukkie tou wat bo uitsteek. Maak seker dit hang op ‘n veilige plek waar niemand teen dit sal stamp of vasloop nie.
8. Laat die was droogword.
9. Knip die tou 1cm bokant die was af wanneer die was droog is.
10. Knip die papierbeker versigtig van bo af oop sodat die kers kan loskom.

[/column]

Eish, Eskom!

Nou het jy jou eie handgemaakte kers om by te studeer wanneer daar weer beurtkrag is!
Kliek hier om ‘n plakkaat uit te druk waar die idioom “kers opsteek” se betekenis verduidelik word.