Rooi, rooier, die rooiste!

Valentynsdag is om die draai. Begin sommer vandag jou Afrikaanse les deur die volgende idioom op die bord te skryf:

Jou kop is vol muisneste.


Dit beteken: Jy is verlief.

 

Noudat jy jou klas se aandag het, kan julle die volgende woordeskat bespreek. Skryf dit op die bord neer sodat jou klas notas kan neem van die spelling.

WENK: Skryf die Engelse definisies langs die woorde neer vir jou klasse wat sukkkel.

dankie

“Jy is my sonskyn.”

moeite

 

geheime bewonderaar

beste maat

“Wees my Valentyn.”

lief

“Jy maak my gelukkig.”

 

Maak jou eie kaartjie en skryf self die boodskap.

Hieronder is drie verskillende kaartjies wat jy vir jou leerders kan aflaai. Vra jou leerders om eers die kaartjies so te vou:

Laai en druk die volgende drie Valentynsdagkaartjies hieronder af. Gee jou leerders kans om ‘n Afrikaanse boodskap in een te skryf. Herinner jou klas dat die kaartjie vir ‘n familielid, vriend of vriendin kan wees.

Hou jy van wat jy sien?

Woemaboeke is bekend vir vars en kreatiewe inhoud!

Ons Vasvra vir Valentynsdag beloof om jou klas aan die klets te kry …

Volg Woemaboeke op Facebook vir gereelde vars inhoud!