Ons almal soek na maniere om ons geheue te verskerp en inligting te behou. Daar is heelwat voorstelle hiervoor… volg ‘n spesiale dieet, beoefen ‘n nuwe vaardigheid om jou gedagtes te verskerp of neem dieetaanvullings.

Dit is van groot belang om leerders se geheue ‘n hupstootjie te gee wanneer inligting geprosesseer en gestoor moet word.

‘n Artikel wat in huisgenoot.com gepubliseer is, vermeld dat die geheim om jou te help om beter te onthou, so maklik kan wees as om ‘n paar keer diep asem te haal.

Lees die volle artikel hieronder of lees dit aanlyn hier.

Wat help kinders onthou? Hier is die geheim!

Wil jy goed vaar in die eksamen? Ruik aan roosmaryn. Ja, nuwe navorsing toon die krui se reuk kan kinders help onthou.

Die jongste ondersoek volg op vorige navorsing wat getoon het roosmaryn kan volwassenes se geheue ’n hupstoot gee.

’n Span van die Northumbria-universiteit het 40 10- en 11-jariges vir hul ontleding bestudeer. Die groep is gevra om aan ’n klas deel te neem wat op verskillende verstandelike take gegrond is. Die skoolkinders is in verskillende vertrekke laat sit – een waarin roosmarynolie vir 10 minute versprei is en een sonder geur.

Die kinders is individueel getoets deurdat ’n navorser met die deelnemers geheuespeletjies gespeel het.

Die groep in die vertrek met roosmaryn het hoër punte as dié in die kamer sonder geur behaal.

“Ons vorige ondersoek het getoon die geur van roosmaryn vlugtige olie kan onthouvermoë by volwassenes verbeter,” sê die medeskrywer dr. Mark Moss.

“Wetend hoe belangrik ’n werkende geheue vir akademiese prestasie is, wou ons kyk of ’n soortgelyke uitwerking by skoolgaande kinders in ’n klasopset behaal kon word.

“Dit word nog debatteer hoekom en hoe roosmaryn die uitwerking het. Dit kan wees dat geure die elektriese aktiwiteit in die brein beïnvloed of dat farmakologies aktiewe verbindings geabsorbeer kan word wanneer volwassenes blootgestel word.”

Hy voeg by ’n geheue wat swak werk, word met swak akademiese prestasie verbind, en hy hoop sy bevindinge kan ’n “moontlik kostedoeltreffende, eenvoudige ingryping bied om akademiese prestasie by kinders te verbeter”. Moss wil ook nog navorsing in daardie gebied doen.

Die kenner sal sy bevindinge saam met sy navorsingsvennoot, Victoria Earle, by die Britse Sielkundige Vereginging se jaarlikse konferensie in Brighton voorlê.
– Cover Media