‘n Studie* in Amerika het bevind dat wanneer ‘n rooi pen vir merkwerk gebruik word, studente ‘n negatiewe uitkyk op hul punte kan hê. Hierdie helder kleur mag as gemeen gesien word.
Waarom gebruik onnies rooi?
Rooi word deur die jare vir merkwerk gebruik omdat dit helder en leesbaar is. Rooi kommentaar op ‘n leerder se toets sorg ook dat verbeteringe en kommentaar makliker raakgesien word.
Kommunikasie is belangrik.
‘n Skool in Engeland het onnies verbied om rooi penne te gebruik. Onnies is aangeraai om eerder in groen ink te merk. Leerders moes dan met pers penne reageer. Die idee was om ‘n positiewe gesprek tussen leerders en onnies aan te moedig. Onnies is verder gevra om twee tot drie positiewe opmerkings aan die einde van vraestelle te skryf.
Moenie SKREEU nie!
Kommunikasie verander daagliks. Hoofletters kan as ongeskik gesien word omdat dit lyk of die skrywer skreeu. Volgens bogenoemde navorsing het rooi penne nou dieselfde status gekry.
Is jou hande vol rooi ink?
Daar is baie opinies oor bogenoemde siening, maar wat dink jy? Is dit ‘n positiewe versterking of beskerm ons ons leerders teen die harde realiteite van die lewe?
Laat weet ons wat jy dink!
*Om meer van Richard Dukes en Heather Albanesi se studie te lees, kliek hier.
Bronne:
Phys.org
Dailymail.co.uk