site-mobile-logo

Die Olimpiese Spele skop uiteindelik op 23 Julie 2021 af.

Die hersiene datums vir die Olimpiese Spele is van 23 Julie tot 8 Augustus 2021. Daar is vanjaar vyf nuwe sportsoorte wat hul debuut by die Spele sal maak, naamlik:

  • branderplankry
  • sportklim (‘n vorm van rotsklim)
  • skaatsplankry
  • karate
  • bofbal.

Tydens die Olimpiese Spele sal 33 sportsoorte beoefen word en daar sal 339 medaljes oorhandig word.

OPDRAG: Laat jou leerders die 33 sportsoorte in die woordsoekoefening hieronder soek. Omkring dit of trek ‘n streep daardeur.

  • atletiek
  • basketbal
  • bofbal
  • boks 
  • boogskiet
  • branderplankry 
  • driekamp
  • fietsry
  • gewigoptel 
  • gholf
  • gimnastiek
  • handbal
  •  judo
  •  kanovaart
  •  karate
  •  pluimbal
  •  roei
  •  ruitersport
  •  seiljagwedvaart 
  •  sewesrugby
  •  skaatsplankry
  •  skermsport
  • skyfskiet
  •  sokker
  •  sportklim
  •  stoei
  •  taekwondo
  •  tafeltennis 
  •  tennis 
  •  veldhokkie 
  •  vlugbal
  •  vyfkamp
  • watersport

Neem dan daarna aan ‘n klasbespreking deel of gebruik die onderwerpe hieronder vir onvoorbereide mondeling:

  • Is dit ‘n goeie idee van die Olimpiese Spele Organiseringskomitee om hierdie nuwe sportsoorte by die Spele te voeg om die Spele meer aanloklik te maak vir jonger sportentoesiaste?
  • Watter ander sportsoorte sal jy as deel van die Spele wil sien? Wees kreatief, dink aan aktiwiteite wat pret is. Dalk armdruk, briekdans of selfs skaak?
  • Is daar van die sportsoorte hierbo waarin seuns beter as meisies is of meisies beter as seuns is? Waarom sê jy so?
1 1 3000 1 300 200 39 https://woemaboeke.com 960 1