Hierdie kreatiewe skryfoefening vir Graad 3 - 12 leerders kan aangepas word vir elke graad. Ons wys jou hoe ...

1. Laai jou gratis PDF hier af.

2. Maak vir elke leerder ‘n afskrif van die oefening.

3. Die instruksies staan op die PDF vir elke leerder, bv.

  • My pa is op sy gelukkigste wanneer hy …
  • My pa is die beste pa in die wêreld, want hy …
  • My pa hou van …
  • My pa hou nie van …

4. Gee jou klas tyd om die sinne te voltooi.

5. Maak dit makliker vir die laer grade:

  • Skryf sleutelwoorde op die bord vir die laer grade. 
  • Sluit die Engelse vertaling in vir jou klasse wat sukkel. Hier is ‘n paar voorbeelde:

    vader – dad
    sterk – strong
    gaaf – friendly
    oefening – exercise
    gunstelling – favourite
    held – hero

  • Skryf die akroniem STOMPI op die bord as jy weet jou klas sukkel met woordorde.

Sukkel jou klas met woordorde? Hier is twee STOMPI-oefeninge wat kan help:

Les 1

Les 2

‘n STOMPI-Plakkaat mag ook help om die reël vir jou klas te leer!