January 22, 2015
Hoe maak jy met leerders wat hul lus vir Afrikaans verloor het?
ʼn Liefde vir Afrikaans sal die aanleer van die taal makliker maak.
Hier is ʼn paar gedagtes om jou leerders passievol oor Afrikaans te laat voel:
[list type=”check”]
- Om die hart van Afrikaans te ken, moet ‘n leerder die taal sowel as die kultuur leer ken. Stel jou leerders bloot aan tradisionele, maar ook moderne Afrikaanse stories en liedjies. Vertel hulle van Afrikaanse tradisies.
- In elke klas is daar perfeksioniste. Leer hulle om hul trots te sluk en spontaan hul grappies, opinies en persoonlikheid in Afrikaans te deel. ‘n Mens mag maar foute maak!
- Leer jou klas om ‘n waardering vir die kompleksiteit en skoonheid van Afrikaans te ontwikkel deur byvoorbeeld Afrikaanse gedigte en prosa met geesdrif aan te bied. Jy kan byvoorbeeld saam met jou klas na die musiek wat in die poësie-afdelings van die Woema-reeks is, luister. Volg die skakels in die e-boeke hiervoor.
- Wees geduldig al is dit nie altyd so maklik nie!
- ‘n Entoesiastiese en positiewe onderwyser lei tot lus-vir-leer leerders.
- Maak herhaling by die aanleer van Afrikaans interessant deur ‘n verskeidenheid aktiwiteite te gebruik.
- Elke leerder leer teen sy eie pas. Wees sensitief en laat elkeen voel hy bereik sukses. Laat elke leerder sy eie doelwitte nastreef. Lees Maandag meer oor doelwitte vir 2015…
[/list]