site-mobile-logo

Onderwyserrubriek: Elaine Cooper

By Pikkie Publikasies is ons trots op dít wat ons hardwerkende onderwysers alles verrig. Ons poog om Afrikaans Eerste Addisionele Taal te verlewendig en houdings en persepsies te verander. Hierdie doelwit kan nie alleen bereik word nie en ons maak staat op onderwysers landswyd om hierdie doel te bereik. Dit verg ‘n buitengewone persoon om ‘n onderwyser te wees; iemand wat toegewyd, passievol en gedrewe is asook sterk wilskrag het om ‘n klas van dertig plus aan te pak, waar elke leerder sy eie persoonlikheid en idees het.

Daarom stel ons graag ons Onderwyserrubriek aan jou bekend. Hier sal ons profiele skets van onderwysers met wie ons verhoudings gevorm het. Onderwysers wat net soos ons, lief vir Afrikaans is, lief is vir wat ons doen en ‘n verskil in die lewens van Suid-Afrikaanse kinders maak.

Ons begin die reeks met Elaine Cooper, ‘n onderwyseres by Maragon Ruimsig High School in Johannesburg.

Elaine Cooper

Elaine hou al sedet 1997 skool en het aan die Noordwes Universiteit gekwalifiseer. Sy gee al vir twintig jaar Afrikaans. Die vorming, opvoeding en motivering van ons volgende generasie is ‘n roeping waaroor Elaine sterk voel. Haar motivering is ‘n aanhaling deur Melani Koulouris: – “Happiness blossoms where ever one plants seeds of love and kindness in the hearts of others”.

Vir Elaine gaan dit oor meer as skoolhou. Vir haar is dit belangrik om aan leerders liefde en respek te betoon sodat hulle met selfvertroue ons land se toekomstige leiers en innoveerders kan word. As sy terugkyk op haar loopbaan, is haar soetste herinnering die Eurotoer saam met ‘n groep leerders.

Elaine put vreugde daaruit wanneer leerders besef dat Afrikaans nie ‘n uitheemse taal is nie. Sinne soos “My pen is in my hand” en “My hand is in warm water” is dieselfde in Engels en Afrikaans. Volgens Elaine is die beste leerder die een wat leergierig sowel as respekvol is en sy bes probeer, want ‘n leerder se houding sal bepaal watter hoogtes hy kan bereik.

Elaine in die klaskamer.

Elaine sê onderwys is ‘n uitdagende beroep – sy beweer dat sy grys hare het van die twee dekades skoolhou wat sy deurstaan het. Na ‘n lang week ontspan sy deur haar skoene uit te skop, ‘n hele paar koppies goeie koffie te geniet en agter ‘n tydskrif te verdwyn. Elaine se ander passie is haar drie kinders. Om ‘n impak op ander te maak blyk deel van Elaine se geaardheid wees. As sy enige iemand in die wêreld kon wees, sou sy ‘n beroemde musikant wees, want “…Music gives a soul to the universe, wings to the mind, flight to the imagination and charm to life and everything.” – Plato

Elaine en haar drie kinders.

Op haar erfenis is Elaine baie trots. Behalwe vir die kleurvolle woorde en frases wat Afrikaans bied, is daar briljante skrywers soos Deon Meyer, Fanie Viljoen, Derick van der Walt, Jaco Jacobs en Marita van der Vyver wat ‘n blywende impak op Afrikaans gemaak het.

Elaine is ‘n ywerige gebruiker van die Woema-reeks in haar klaskamer. Sy voel dat Woema die leer van Afrikaans maklik en vol pret maak. Die feit dat dit ‘n teksboek en werkboek tesame is, gee struktuur aan dié leerder wat minder georganiseerd is. Die Onderwysgids dra by tot minder voorbereiding en gee haar meer tyd om te fokus op die eise van onderwys. Elaine kan Woema hoogs aanbeveel vir diegene wat tans nie daarvan gebruik maak nie. Dit is ‘n besluit waaroor sy nie spyt voel nie.

1 1 3000 1 300 200 39 https://woemaboeke.com 960 1